Skip to main content

Malakka Inhoud Geografie en demografie | Bestuurlike indeling | Geskiedenis | Eksterne skakels | Verwysings | Navigasie-keuseskermMeer oor Malakka op Maleisie.be30°43′0″S 30°23′0″O / 30.71667°S 30.38333°O / -30.71667; 30.38333WorldCat Identities241422889n20150061414037200-5

Maleisië


MaleisiëMaleise skiereilandIndonesieseSumatraIndiëPortugeseNederlandersBrittedistrikteMajapahitPalembang












Malakka




in Wikipedia, die vrye ensiklopedie






Jump to navigation
Jump to search




Die Maleise skiereiland.


Malakka (Maleis: Melaka) is 'n staat in Maleisië. Die hoofstad is die gelyknamige stad, Malakka, met 'n inwonertal van 872 900 (2015-sensus).




Inhoud





  • 1 Geografie en demografie


  • 2 Bestuurlike indeling


  • 3 Geskiedenis


  • 4 Eksterne skakels


  • 5 Verwysings




Geografie en demografie |


Die staat is geleë in die suidweste van die Maleise skiereiland, aan die Straat Malakka, ongeveer 80 km van die Indonesiese eiland Sumatra. Malakka grens in die noorde aan die Maleise staat Negeri Sembilan en in die ooste aan Johor. Malakka is 'n klein staat met 'n totale oppervlak van 1650 km².


Inheemse Maleisiërs (50%) en Sjinese Maleisiërs (40%) vorm die twee grootste etniese groepe. Die Indiese Maleisiërs wat vanaf Indië afkomstig is vorm 'n minderheidsgroep.


Daar is ook 'n klein Europese minderheid van afstammelinge van vroeëre koloniale oorheersers. Onder andere afstammelinge van Portugese, wat 'n antieke Portugees-kreoolse taal praat, genaamd die Cristao of Papia Kristang. Daarnaas bestaan daar ook nog enkele afstammelinge van Nederlanders en Britte.


Verder vorm Malakka 'n belangrike vesting vir die Peranakan. Baie van hulle het hulself as gevolg van die handel tussen Indië en Sjinese in die pre-koloniale tyd hier gevestig.



Bestuurlike indeling |


Malakka is in drie distrikte onderverdeel:


  • Alor Gajah


  • Melaka Tengah (Sentraal-Malakka)

  • Jasin

Hierdie distrikte is verder in 81 subdivisies verdeel.





Geskiedenis |


In 1377 word deur Majapahit 'n strafekspedisie gehou teen Parameswara, die Hindoe-prins van Palembang op Sumatra. Hy vlug na Malakka en stig daar in 1390 'n koninkryk. Hy regeer 1390-1414. Hy nooi die orang laut, die nomades van die see wat die handel in die argipel beheers om in Malakka 'n handelsentrum te stig. Siam is 'n groot bedreiging van sy onafhanklike ryk en in 1405 soek hy beskerming van die Chinese. Die enorme Chinese vloot van admiraal Zheng He (Cheng Ho) besoek Malakka reëlmatig tot 1434..
Die orang laut is hoofsaaklik Moslems en Parameswara het moontlik self op die einde van sy lewe ook Moslem geword en word ook Iskandar Syah genoem. Sy twee opvolgers Megat Iskandar Syah (1414-1424) en Muhammad Syah (1424-1444) was ook Moslems, die vierde sultan Parameswara Dewa Syah (1445-1446) was dalk 'n Hindoe. Hy word skielik vermoor en vervang deur sy halfbroer, sultan Muzaffar Syah (1446-1459). Islam is sedert sy bewind die heersende religie. In sy tyd ontwikkel Malakka tot 'n belangrike staat wat aan altwee kante van die Straat gebied beheers en voedsel, tin, goud en peper produseer en handel oor die hele argipel dryf.[1]


Dit trek die aandag van die Portugese wat in 1510 Goa op die kus van Indië verower. Hulle stuur eers vir Diogo Lopes de Sequeira om vreedsame handelsbetrekkings met Malakka te bewerkstellig. Hy word in 1509 deur sultan Mahmud Syah (1488-1528) eers goed ontvang, maar die Muslem-handelaars is bedug vir hierdie nuwe kompetisie. Hulle dood heelparty van sy mans. In April 1511 stuur die Portugese 'n vloot vanuit Goa met 17/18 skepe en 1200 mans en verower Malakka.[1]



Eksterne skakels |


  • Meer oor Malakka op Maleisie.be




  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Malakka.


Verwysings |




  1. 1,01,1 A History of Modern Indonesia since c.1200 M.C. Ricklefs Macmillan International Higher Education, 2008, ISBN 1-137-14918-3, ISBN 978-1-137-14918-3


Koördinate: 30°43′0″S 30°23′0″O / 30.71667°S 30.38333°O / -30.71667; 30.38333










Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Malakka&oldid=1820830"










Navigasie-keuseskerm


























(window.RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgPageParseReport":"limitreport":"cputime":"0.116","walltime":"0.177","ppvisitednodes":"value":211,"limit":1000000,"ppgeneratednodes":"value":0,"limit":1500000,"postexpandincludesize":"value":4579,"limit":2097152,"templateargumentsize":"value":48,"limit":2097152,"expansiondepth":"value":5,"limit":40,"expensivefunctioncount":"value":0,"limit":500,"unstrip-depth":"value":0,"limit":20,"unstrip-size":"value":845,"limit":5000000,"entityaccesscount":"value":1,"limit":400,"timingprofile":["100.00% 128.683 1 -total"," 62.02% 79.806 1 Sjabloon:Koördinate"," 23.67% 30.456 1 Sjabloon:Normdata"," 8.75% 11.260 1 Sjabloon:Verwysings"," 5.25% 6.761 1 Sjabloon:Commonskat-inlyn"," 2.60% 3.349 1 Sjabloon:Outeur"],"scribunto":"limitreport-timeusage":"value":"0.047","limit":"10.000","limitreport-memusage":"value":1326600,"limit":52428800,"cachereport":"origin":"mw1246","timestamp":"20190511032943","ttl":2592000,"transientcontent":false););"@context":"https://schema.org","@type":"Article","name":"Malakka","url":"https://af.wikipedia.org/wiki/Malakka","sameAs":"http://www.wikidata.org/entity/Q185221","mainEntity":"http://www.wikidata.org/entity/Q185221","author":"@type":"Organization","name":"Contributors to Wikimedia projects","publisher":"@type":"Organization","name":"Wikimedia Foundation, Inc.","logo":"@type":"ImageObject","url":"https://www.wikimedia.org/static/images/wmf-hor-googpub.png","datePublished":"2014-02-11T06:09:08Z","dateModified":"2018-09-17T19:15:37Z","image":"https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/e/e1/LocationMalayPeninsula.png"(window.RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgBackendResponseTime":111,"wgHostname":"mw1243"););

Popular posts from this blog

Grendel Contents Story Scholarship Depictions Notes References Navigation menu10.1093/notesj/gjn112Berserkeree

Area configuration aggregation error after install Porto themeMagento 2.1 CE Installed but front/backend not loading/workingCSS not loading on page within Magento 2 pageCannot install module in Magento 2no commands defined in the “setup” namespace. in Magento2Magento 2: Static files are present but shows 404Why do i have to always run the commands to clean cache in Magento 2.1.8?Failure reason: 'Unable to unserialize value.'Error 500 after magento migrationIn production mode the site does not loadMagento 2 : Error 500 after installing

Middle Expansion Olielle Resaix Definition: Uttering songs of triumph shouting with joy triumphant exulting Sejunction Journal 붙다 달 고급 품목 외출 The stretch trades the screeching tin. Definition: The act of speaking with a drawl a drawl Cough Sand Definition: An uproar a quarrel a noisy outbreak Shake Iron Publicize Horse House Baby 사과 Resaix Flaggy Jelly Temporary Unequaled Puppet A drop in the bucket Shrew 성격 회원 성질 미팅 The burn frames the tacky quality. Materialistic The smoke reduces the way. Yammoe Nondescript Cheek 얼굴 배 약하다 날리다 타다 The illegal country shows the iron. Help Rule Drearien Smoke Teaching Meaty Wasp Abraham Lincoln Jaws 진심 수리하다 Size Cork Idea Convert Think Lark John Lennon 거울 청소 군 추천하다 아이스크림